Regering gebraai by die VN!
Die hoogtepunt van hierdie week se nuus was AfriForum se deelname aan die beraad van die Verenigde Nasies se “Committee on the Elimination of Racial Discrimination (CERD)” in Genève, Switserland. Die CERD-beraad is ingestel om rassediskriminasie uit te skakel.
Soos U sekerlik weet, het die Suid-Afrikaanse regering meer as 116 rasgebaseerde wette teen sy inwoners ingestel, wat hoofsaaklik blankes benadeel.
Gedurende die beraad was die regering lekker gebraai, en ‘n mens moet vra hoe jy van jou regering hou, “medium” of “well done”?
AfriForum se verteenwoordigers het op 27 November aan ‘n afsonderlike geleentheid van die Verenigde Nasies (VN) deelgeneem, waar hulle verdere internasionale bewustheid geskep het oor die diskriminasie wat tans wyd in Suid-Afrika voorkom.
Die menseregte groep het voorvalle van haat spraak bespreek, soos die voortdurende gesang van die lied “Kill the Boer”, wat minderhede in Suid-Afrika teiken.
Plaasmoorde is bespreek, waarna die minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola, volgehou het dat plaasmoorde slegs geweldsmisdaad is en niks meer nie, en hy het ontken dat boere geteiken word.
Sport kwotas het ook in die lig gekom, waarna die regering ontken het dat daar enige sport kwotas in ons sport is. Maar as mens na die Khaya Majola o-19-kriekettoernooi kyk wat net om die draai is en waarvan sewe spelers nie-blank moet wees, vertel dit ‘n ander storie.
Mens kan nie help om te wonder hoe die regering dit regkry om herhaaldelik die bewerings van rasse rassediskriminasie teen ons blankes te ontduik nie.
Sal hierdie beraad ‘n impak maak, of is dit bloot ‘n vreugdevolle roep in die wind?
As U dalk belangstel het ons die twee VN-sessies hieronder geplaas, kyk gerus: