Kom veg in 2024!
Is jy bereid om saam ons te kom veg in 2024?
Ons blankes, veral ons Boere-Afrikaner in Suid-Afrika het `n ryk geskiedenis en iets waaroor ons baie trots moet wees. Ons geskiedenis het eintlik al in die Europa gedurende die rebellie area van die middel eeue begin met die Protestante1 rebellie. Die rebellie verwys na diegene wat teen sekere leerstellings en praktyke van die Katolieke Kerk geprotesteer het en ‘n nuwe rigting in die Christelike geloof gevolg het, met ander woorde hulle het gevolg waarin hulle geglo het. Vir vryheid van geloof en lewe.
In die jaar 2024 lê ‘n unieke uitdaging voor ons in Suid-Afrika. Met `n regering wat jaarliks meer ingestel is om ons mense (Boere-Afrikaners) se taal en kultuur te vernietig met hul stille geveg teen ons, is dit nou tyd om ons eie stille geveg te begin voer, maar hoe veg mens sonder wapens?
Een goeie ding van ‘n stille geveg is dat niemand hoef te weet dat jy die geveg voer nie, en dit bly anoniem. Maar hoe werk dit?
‘n Geveg sonder wapens, is `n stille geveg in vrede. Hierdie nuwe era verg ‘n dieper verbintenis tot ons eie identiteit en ‘n bewuste strewe na eenheid.
Hier is tien maniere waarop elkeen van ons tot hierdie vreedsame beweging kan bydrae:
1. Raak een met God. In hierdie stille geveg is daar ‘n oproep om een te raak met ons Skepper. Dit is ‘n persoonlike reis van innerlike vrede en waar ons Christus as die fondament van ons bestaanswese plaas. Ons voorvaders het dit ook in die 1600’s gedoen, en so teen die magtige Katolieke Kerk van die tyd geprotesteer. Ons Christelike waardes verval daagliks, tot op `n punt waar self Kersfees nie meer as `n Christelike fees uitgemaak kan word nie. Ons mense se oë moet oopgaan, kyk hoe het ons wêreld voor ons eie oë verander. Dis net ons wat hier `n verskil kan maak. In die “toekomstige wêreld” waar almal reg het op hul eie geloof, het almal ook hul geloof verloor, en dis die feit.
2. Praat Jou Taal. Die krag van ons taal kan nie onderskat word nie. Dit verbind ons met ons erfenis en versterk die band met ons mede volksgenote, dis ook die taal waarin Christus ons leer ken. Laat ons trots wees op ons taal erfenis en dit met vreugde deel. Afrikaans het `n pragtige woordeskat en dis tyd dat ons dit ten volle gebruik. Suiwer Afrikaans is die beste Afrikaans, en hoe meer jy dit gebruik hoe makliker raak dit.
Is ons hardkoppig? Natuurlik. Dis een van die eienskappe van ons volk, of jy nou `n Boer of Afrikaner genoem wil word. Die eeuelange strewe na vryheid en onafhanklikheid het ons gene al so geskaaf dat dit al van nature voorkom. Leer om met dit te werk!
3. Leef Jou Kultuur Uit. Hoe mooie kultuur het ons nie? Suid-Afrika is ‘n smeltkroes van kulture, elkeen met ‘n ryk erfenis. Om ons eie kultuur uit te leef, beteken om die tradisies en waardes wat ons definieer te eer, en is dit een van die fondamente in ons bestaansreg as mense. Die oorweldigende volksvreemde kulture waarmee ons daagliks moet deel is nie ons s’n nie. Ons het ons eie kultuur, met `n trotse geskiedenis, kom ons leef dit uit!
4. Besoek Volksvriendelike Feeste en Omgewings. Volksvriendelike feeste bied ‘n uitstekende geleentheid om saam te kom en vreugde te deel. Hierdie gebeure bevorder sosiale samewerking en bou ‘n gevoel van eenheid. Leef, sing en geniet in jou taal want dis die lekkerste ding ooit. Met my eerste Afrikaanse fees wat ek sowat 25-jaar terug bygewoon het, moes iemand letterlik die glimlag van my mond afgevee het, en dit was `n week later gewees. Dit bly maar die lekkerste!
5. Besoek Volks Eie Monumente. Monumente is ‘n spieël van ons geskiedenis. Deur volksmonumente te besoek of te help herstel, eer ons nie net die verlede nie, maar leer ons ook van waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Na die onlangse afloop van die herdenking van die Slag van Bloedrivier op 16 Desember is dit heel duidelik dat ons mense nou meer betrokke raak as ooit, en dis fantasties om te sien. Raak betrokke! Gaan besoek monumente, of as jy nog bietjie meer tyd het kan jy dalk help om die monumente se terreine skoon te maak, een dag per jaar is regtig nie te veel gevra nie.
6. Leer die Boere Geskiedenis en wees Trots. Ons boere geskiedenis is ‘n belangrike deel van ons nasionale erfenis, en ons het fantastiese geskiedenis. As jy nog `n kind is, vra jou ouers om hul ervaringe en kennis te deel. Laat hierdie gesprekke ‘n brug wees tussen generasies. Vir ouers, watter beter manier is dit nie om jou eie geskiedenis met jou nageslag te deel nie? Julle sal verbaas wees watter goeie geskiedenis ons eintlik het. Geen volk is egter vlekloos nie en dis baie belangrik om te onthou dat lande soos Engeland, Frankryk, Duitsland, Spanje ens, `n donkerder geskiedenis as ons het. Maar mens sien nie dat hulle hulself skaam nie, want hulle leer lesse uit die verlede en neem die goeie vorentoe om dan weer `n trotse toekoms vir hulself te bou.
7. Gaan Help Jou Eie Mense in Nood. Die ware toets van ‘n samelewing lê dikwels in hoe ons diegene wat hulp nodig het sorg. ‘n Gemeenskap wat saamstaan in tye van nood, is ‘n gemeenskap wat vreedsaam floreer. Help jou volksgenoot waar jy kan. Dit is regtig verfrissend om te sien hoeveel mense huidiglik betrokke raak, en hoe meer hoe beter. Soek kontak nommers op van mense of organisasies wat ons mense help.
8. Skenk aan Jou Minderbevoorregtes. Die rykdom van ons land moet gedeel word met diegene wat minderbevoorreg is. Deur te skenk, dra jy by tot die skepping van ‘n samelewing van gelykheid en medemenslikheid. Duisende Afrikaners het broodnodige hulp nodig, so kom ons werk saam en help ons mense. Skenk met werk, groete, vrugte, klere of geld dit maak nie saak nie.
9. Luister na Mekaar al Verskil Julle Soms. Is ons hardkoppig? Natuurlik. Dis een van die eienskappe van ons volk, of jy nou `n Boer of Afrikaner genoem wil word. Die eeuelange strewe na vryheid en onafhanklikheid het ons gene al so geskaaf, dat dit al van nature is. Dis belangrik om te weet want in die stille geveg van 2024 is daar ‘n roep om bewustheid en empatie. Luister na mekaar se verhale, selfs as julle verskil van opinie. Hierdie eenvoudige daad van respek, bou ‘n brug oor gapinge. Of jy jouself nou `n Boer of Afrikaner wil noem, ons is almal ewe hardkoppig. Die tyd het geword om saam te praat en saam te luister.
10. Ondersteun Besighede wat Ons Belange in Hul Hart Het. Ons ekonomiese krag lê in die ondersteuning van plaaslike besighede. Kies om besighede te ondersteun wat die belange van ons gemeenskap in hul hart dra. Hierdeur bou ons ‘n samelewing wat saamwerk vir ‘n gemeenskaplike doel. Die koopkrag van ons volk kan nie onderskat word nie, help en ondersteun ons eie!
So roep ons die Boere-Afrikaner-gemeenskap op om saam te staan, hul erfenis te koester, en aktief deel te neem aan ‘n stille geveg vir die behoud van identiteit en gemeenskap. Ons is mense met `n ryk geskiedenis waarop ons kan trots wees, waar ons voorouers met lewe en dood gedreig was en telkemale oorwin het. Ons is mense met `n plek, net hier in Afrika! Ons is die trotse volk van Suider-Afrika en dis tyd dat ons weer gehoor word.
Kom ons maak 2024 die jaar waar ons mekaar ondersteun.
- Die term “protestant” het sy oorsprong in die Reformasie van die 16de eeu in Europa. Dit verwys na diegene wat teen sekere leerstellings en praktyke van die Katolieke Kerk geprotesteer het en ‘n nuwe rigting in die Christelike geloof gevolg het. ↩︎