Lande geteister deur massiewe skuld
In ‘n wêreld wat reeds deur ekonomiese onsekerheid gekenmerk word, is daar ‘n bekommerde toename in lande wat sukkel met massiewe skuldlas. Hierdie situasie bring ernstige uitdagings mee vir die betrokke lande en plaas ‘n druk op die globale ekonomiese landskap.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het onlangs ‘n verslag vrygestel wat dui op ‘n beduidende toename in die totale skuld van verskeie lande. Hierdie lande het hul skuldvlakke verhoog as ‘n poging om die ekonomiese impak van die COVID-19-pandemie en ander interne uitdagings te hanteer. Die verslag waarsku egter dat hierdie hoë skuldvlakke ‘n ernstige risiko vir die globale ekonomie inhou.
Hieronder sien ons hoe die lande se skuld hul ekonomiese BBP (Bruto Binnelandse Produk) oorskry, en in lande soos die Verenigde State 110%, Griekeland 192%, Italië 140.5%, Japan 214%, Portugal 118%, Singapoer 135% en Groot Brittanje 101% om net `n paar te noem, is diep in die skuld. Suid-Afrika het `n skuldlas van 71% vergelyking met sy BBP en die persentasie sal moontlik oor die volgende vyf jaar versleg.
Van die lande wat in die brandpunt van hierdie krisis is, is Sri-Lanka met 117%, en soos ons ook weet Griekeland. Die regerings het skuldvlakke wat buite beheer geraak het, en nou onhanteerbaar is. Hierdie situasie het gelei tot ‘n afname in die land se kredietgradering en ‘n toename in die koste van skuld, wat op sy beurt die ekonomiese groei belemmer en alle sektore van die samelewing negatief beïnvloed . Ons het vroeër ook berig gedoen oor die Duitse boere wat in opstand kom teen die Duitse regering wat 900 miljoen Euro per jaar uit hul subsidies gaan verwyder om die skuldlas in toom te hou.
Internasionale ekonome waarsku dat ‘n domino-effek kan plaasvind as ander lande soortgelyke skuldvlakke handhaaf. ‘n Afname in globale beleggers se vertroue kan lei tot ‘n wêreldwye ekonomiese krisis, met verreikende gevolge vir internasionale handel, werkgeleenthede en algemene welvaart.
Die stem vir ‘n gekoördineerde internasionale reaksie op hierdie krisis word sterker. Dit sluit in die oorweging van skuldverligting, finansiële hervormings, en maatreëls om lande te ondersteun wat sukkel met skuldbestuur. Die Internasionale Monetêre Fonds en ander internasionale organisasies word versoek om ‘n leidende rol te speel in die soeke na oplossings om die wêreldwye ekonomiese stabiliteit te handhaaf.
Die impak van hierdie toenemende bankbalans is een wat nie onderskat kan word nie, en internasionale samewerking is noodsaaklik om ‘n toekomstige ekonomiese krisis te voorkom. Hier in Suid-Afrika sal dit verseker kommerwekkend wees as ons in só `n situasie gedompel sou word. Met `n regering wat onbevoeg en onvoorbereid is sal ons net van brood en water kan oorleef, maar ons hoop ons is verkeerd.