Staan die VF+ nog vir ons volk?
Pretoria, 10 Januarie 2024 – Die Vryheidsfront Plus (VF+) wat bekend staan vir sy betrokkenheid by die belange van Afrikaanse sprekers, het onlangs weer in die media opgeduik. Ja, en ons praat nie van BBC se lagwekkende berig dat die VF+ `n verregse organisasie is nie, maar van die toenemende druk op die leiers van die VF+ om die beloftes wat in die vroeër 90’s aangegaan was, na te kom.
Sommige stemme buite die VF+ het onlangs die noodsaaklikheid van vernuwing beklemtoon. Kritici beweer dat die party die afgelope drie dekades nie genoeg gedoen het om die belange van die Afrikaner te bevorder nie, en maak hulle ‘n beroep vir ‘n nuwe visie en benadering tot politiek binne die party.
Van `n eksterne oogpunt bleik dit dat daar redelik min vordering met Gen. Constand Viljoen se oorspronklike visie van `n Volkstaat gemaak is, en dat die droom nou verder verlore is as vroeër. Dr. Groenewald is van die mening dat `n koalisie-vennootskap dalk weer `n Volkstaat geleentheid vir die volk sal bied maar, as mens tussen die lyne lees dan wonder mens wat die party se vorige plan was? Want die koalisie-vennootskap is `n redelike nuwe ding en het slegs die laaste paar jaar sy kop uitgesteek.
Boermedia se Koot van der Ryst, het onlangs die geleentheid gehad om met Dr. Groenewald, die leier van die VF+ oor verskeie kwessies te gaan gesels met die hoop om meer duidelikheid rondom sekere standpunte te kry. Tydens die gesprek het Dr. Groenewald erken dat selfbeskikking ‘n belangrike kwessie bly, maar dat ‘n realistiese en praktiese benadering nodig is. Kyk gerus die video hieronder, en laat weet wat julle dink in die kommentaar afdeling.