Plaasmoorde en Aanvalle in Suid-Afrika
Daar is beide ‘n maklike en ‘n moeilike manier om oor plaasmoorde en -aanvalle te praat.
Die maklike manier? Doen soos die huidige president, Cyril Ramaphosa, en ontken dat ons boere uitgemoor word. Of volg die voorbeeld van ‘n sekere ander politikus wat beweer dat plaasboere onnodig is, en dat wat jy wil eet, sommer by die winkels gekoop kan word. Jy kan ook aansluit by sekere faksies wat glo dat dit vergelding is vir die sogenaamde ‘slagting’ van nie-blankes tydens die Apartheid-era, of openlik op sosiale media jou mening laat hoor en plaasmoorde en -aanvalle goedkeur.
Die sleutelbord soldate vind dit egter maklik om agter die skerms die pot te roer, en mense te ontstel vanuit die beskerming van hul huis, motor of kantoor. Die dapperstes van die sotte daarbuite, wat met invloed hul reisgenote opsweep, sonder dat die genote besef dat hulle vir ‘n psigologiese manipulasie van hul rasionaliteit val. Dit is daardie faksie wat glo dat plaasmoorde en -aanvalle rasgedrewe is, wat ‘n heeltemal verkeerde persepsie is.
Daar is ook ‘n middelweg. Jy kan tekere gaan op sosiale media soos ‘n pa langs die rugbyveld wat vir sy seun skreeu om dit só of só te doen, wat in elk geval niks aan die uitslag van die wedstryd verander nie. Jy kan duisend keer op sosiale media tik: “Dit moet stop” of “Wat gaan die regering daaromtrent doen?”
Wat doen die regering?
Kom ek sê jou nou, die regering gaan niks doen nie. Hulle doen nie eens die werk waarvoor hulle aangestel is nie, wat nog te sê waarvoor hulle by die stembus verkies is. Sien, dit is nie die stembus wat die regering aanstel nie, maar ‘n organisasie wat alles soos marionet-meesters beheer. So nou en dan hoor jy iets belowend. Die leiers van die land erken skielik dat plaasmoorde ‘n probleem is en onderneem om stappe te neem. Dan is die publiek tevrede en ons beweeg aan. Maar daar is dié daar buite wat wag en weet: niks gaan gebeur nie.
Of jy kan praat vanuit die hart van ‘n Boer. Op ‘n manier wat jou nie anders laat as om met waterige oë te dink aan al die aanvalle wat op die internet gelys is, maar geen woord gerep word op hoofstroommedia nie. Daar is duisende moorde en aanvalle waar ons polisiemag nog geen deurbraak gemaak het nie, wat die gaping tussen misdaad en geregtigheid net nog groter maak.
Intussen rek die gaping tussen dié wat kos verbou en dié wat moet eet, ook net soveel groter. Maar ken jy die geheim daarvan? Die plan van die marionet-meesters? Voedselskaarste beteken beheer oor die massas. Dis ‘n duiwelse plan om God se kinders uit te honger en te onderdruk totdat ons nie meer in staat is om rasioneel te dink nie.
Ons sit met ‘n dilemma
‘n Plaasaanval of moord find plaas, maar ‘n paar weke daarna is dit vergete. Ons begrawe met emosie en stap weg. Vir party is dit maklik, vir ander is dit ‘n ewige stryd teen die hartseer, die leemte en bitterheid. En dan, die herinnering. Met wie gaan ek nou die spesiale dinge deel? Waar is my ouboet as ek raad nodig het? En ek maak nie hierdie goed op nie, ek ken hierdie mense, het die rukke van sulke snikke teen my bors gevoel, en voel steeds daardie trane wat my kakiehemp deurdrenk het. En as ek terugdink aan sulke gevalle, dan huil ek self.
Die stryd teen dit is net so ewig. Ek wens ek kon vir jou sê dat ons hierdie of daardie aksie moet neem. Staan ons in solidariteit op en begin weerstand bied, is ons dalk in stryd met die wet. Ons ontketen dalk ‘n oorlog waarvoor ons nie voorbereid is nie en nog minder kan wen. Want sien, die aanslag teen ons is gebaseer op twee dinge: eerstens, ons velkleur, en tweedens, omdat ons as gevolg van ons velkleur oorwegend Protestantse Christene is.
Plaasmoorde en -aanvalle het amper ‘n wetenskap en ‘n bedryf geword. Dit is lonend vir diegene wat dit beplan. Mense dink ‘n plaasaanval gebeur net so? Nee! Daar is beplanning hieraan verbonde. Maande se beplanning. Dis ‘n navorsingsproses wat inligting insamel oor roetines, swakhede, en items van waarde soos vuurwapens, geld, en enigiets anders wat geneem kan word.
Jy sien foto’s op sosiale media en staan verslae oor hoe so iets kan gebeur. Hoe kan ‘n mens dit aan ‘n ander mens doen? Dit is die invloed van bedwelmende middels, dinge wat mense in diere verander. Die barbaarsheid van die daad word gedryf deur die plaaslike sangoma se medisyne, die goëlery en geeste. Dit is paranormaal, hierdie goed. Ek het in my heel eerste video gesê, “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie.” Plaasmoorde en -aanvalle is maar deel van die groter prentjie van die eeue oue stryd tussen Lig en Duisternis. Maar Duisternis se tyd kom, seker as wat ek weet dat ons ‘n Lewende God dien.
Die Pynlike Pad van Herinnering en Realiteit
Jy kan saam met my stap, dis ‘n moeilik pad. Ek kan jou Messina toe vat of dalk Tzaneen toe. Daar kan ons die grafte van die Van Ecks en die De Nysschens besoek. Maar jy sal nie agterkom dat een graf ontbreek nie. Een klein liggaampie wat daardie Desember Sondagmiddag in 1985 met soveel geweld getref is toe daardie bakkie die landmyn aftrap, dat die kindjie se oorskot nooit gevind is nie.
So ver terug? Ja, so ver terug en selfs verder. Toe het ons dit terrorisme genoem. Vandag ontken die terroriste dat plaasmoorde en -aanvalle wel ‘n realiteit is.
Ons kan ‘n draai maak by Gravelotte, waar Oom John en Tannie Bina Cross een Sondagmiddag in hul huis eers gemartel en toe vermoor is. Ons kan in die Laeveld gaan kuier; ek sal jou die grafte wys. Mense wat ek geken het, dalk mense wat jy self ken, of geken het. Langs die pad gaan ons ook aandoen by dié wat oorleef het, of onregverdig agtergelaat is. Mense wat gepynig was in vyf-teen-een-worstelinge terwyl ‘n ketel aan die kook gekry is. Hulpkrete wat verniet opgegaan het en eers later gehoor is.
Net voor ons die reis begin, moet ek jou waarsku: daar is ook kinders betrokke. Weeskinders, en kinders met gekerfde granietname. ‘n Hele paar. Kinders wat destyds nie die doel van dit alles verstaan het nie. Kinders wat gesterf het in ‘n oorlog waarin hulle saamgesleep is omdat hulle op ‘n plaas gebly het, of ‘n plaasboer se kind was. Kinders wat saam met klonkies kaalvoet rondgeloop het, maar nie deur die aanvallers oorgesien is nie.
Die graaf tref ‘n graspol. Weer ‘n keer. En weer ‘n keer. My oë lig op, en ek sien die naam op die wit metaal kruis: Karin Turner. Sy is op 16 September 2019 vermoor. Sy was maar 31. My oë gly oor die see van wit kruise teen die klipperige rug in die Ysterberge. Die trane vloei vry. Ek bedaar weer en herken ander name. Jy leer hulle ken, jy weet van baie, maar jy sal nie almal se name ken nie. Dalk eendag.
Ek sit op die stoep, net gou om Julie se video te stoor en dan vinnig op te laai. Dan “dieng” my foon in my hand. Dis ‘n boodskap van ‘n vriend. Daardie middag is Oom Theo Bekker op sy plaas naby Grootvlei, net anderkant Heidelberg vermoor. Ek skiet vinnig ‘n video met die nuus en las dit in, dan laai ek dit op.
‘n Stem vir die Volk
Ek het in Junie begin met video’s oor plaasmoorde. Die gedagte was om ‘n stem te wees vir Plaasmoorde en Aanvalle. Dis nie vir my nie; dis vir my volk, my mense. Ek het betrokke geraak. Ek is nie ‘n sleutelbord-soldaat nie, maar ek sit ook nie met gevoude hande nie.
Ek wens ek kon vir jou sê dat dinge gaan verander. Dalk gaan dit, dalk nie.
In September 2024 plant ons weer kruise, nog kruise. Daar is amper 3000 sover op daardie Harts-monument in die Bosveld.
Jy kan Klaas Prinsloo op YouTube volg .1 https://www.youtube.com/@urbanbugZA